Mannekampe –
Since 2010

Bibles and Blankets
June 30, 2020
Karlienpark Primary School Project
June 29, 2020

Mannekamp 2013

Die werking van die Heilige Gees!

Die suiwer verkondiging van God’s woord – eerlik en opreg met die Bybel as enigste bron!

Hierdie mannekamp was die droom van ‘n groep mans wat deur die werking van die Heilige Gees gelei het tot die stigting van ‘n nie winsgewende organisasie nl. Rustenburg Christen Mannekamp. ‘n Samevoeging van manne met ‘n passie vir die Here en sy woord! Hierdie jaar sal die 3rde jaar wees wat die Mannekamp aangebied sal word. Dit beloof om soos in die verlede ‘n geesgevulde, lewensveranderende ervaring te wees vir baie mans! 'n Naweek wat alle mans van enige bevolkingsgroep sonder enige kerkgrense die Here se Naam kom groot maak en by Sy voete kniel! Manne wat God aanbid, saamgesnoer as God se kinders oor kerkgrense heen. Manne wat soekend is te ondersteun in hul soeke en te lei tot ‘n ontmoeting met Jesus die enigste Weg, Waarheid en Lewe ‘n Ondersteuningsbasis te skep vir elke man wat die kamp bywoon. Die doelwit is dat manne sal terugkeer na Christus. Alle mans word hartlik uitgenooi om hulle harte te kom oopmaak vir Jesus! Bring jou vriend, jou broer jou seuns/s saam en kom laat die Gees jou vul en verander!

Mannekamp 2014

Dankie vir almal wat dit saam ons kon deel!

Ons was hierdie jaar waarlik bevoorreg...

Ons was hierdie jaar waarlik bevoorreg gewees om vyf finominale sprekers by ons te kon hê. Ons wil dankie sê aan Edgar Phillips, Isak Burger, Willem Botha, Francois Carr & Louis Venter wat elkeen hulle besonderse boodskap aan die manne kon oordra. Ons het ook ‘n fantastiese , lewendige lofprysing ervaar saam met Louis Brittz en sy orkes. Al die lof en eer aan God ons Vader. God is Good! All the time!! Dankie vir almal wat dit saam ons kon deel. Dankie dat julle tyd afgestaan het om saam met medegelowiges ons Skepper te kon verheerlik en in die gees te groei. Ons vertrou dat die Heilige Gees elkeen op ‘n besonderse manier aangeraak het. Die kamp was vanselfsprekend ‘ n reuse sukses. Ek bid dat God waarheid in jou hart sal plant, dat jy nie woorde en sê goed van mense sal volg nie, maar dat jy soos Hy in Sy Woord sê, die Heilige Gees jou leraar sal maak. Onthou jy kan dinge hoor en leer, maar gaan vergelyk ALTYD ALLES met Sy Woord, want dis die enigste waarheid wat ons het! Dankie vir julle tyd en belangstelling, sonder elkeen van julle se bydrae & bywoning sou die mannekamp nooit ‘n sukses kon wees nie… Wees vandag die lig, want God is lig, laat Hy deur jou skyn na die mense om jou... Ons is bevoorreg om baie dinamiese sprekers te kon rëel om die mans toe te kom spreek. Soos in vorige jare is daar nie op ‘n tema besluit vir die mannekamp nie, ons vertrou dat die Here die boodskap op hulle harte sal druk om aan ons oor te dra. Lofprysing sal deur die alom bekende Louis Brittz & sy orkes behartig word. Ons sprekers is dus: • Edgar Phillips van Christian Life Training Acadamy bedien gewoonlik by die eksderde kampe – Vrydag aand om 19h00 • Dr. Isak Burger – President en stigter van die AGS kerkliggaam • Willem Botha – Christelike omroeper van Radio Rippel 90.5 fm • Dr Francois Carr – Stigter van “Hearts-Cry Rivival” seminare • Ds. Louis Venter – Bekende dominee van Rustenburg en is ook bekend vir die bydra wat hy lewer by die New Life - Recovery and Wholeness Centre Bring jou pa, broer, vriende & seuns saam… dan maak ons weer Sy Naam groot!

Mannekamp 2015

Mannekampe “werk” nou maar eenmaal...

...en niemand wat dit bywoon sal nie saamstem nie.

Wat werk? En wat beteken “werk”? Ek glo ± 120 ouens sal 120 verskillende menings hieroor hê, en ek dink dit kom ook duidelik uit as jy die terugvoer van ouens hoor. Soos elke jaar het ons besluit om nie 'n spesifieke tema vir die kamp te gebruik nie en die Here vertrou vir leiding, en toe kom die gedagte van verskillende aspekte van wat behels man wees nogal gereeld op die tafel. Ek glo die Here het elkeen van ons op 'n besondere manier aangeraak. Daar is omtrent ge-re-load, re-lax, re-flect en re-fresh op dié kamp. Elke spreker se boodskap was besonders, ons is dankbaar vir Gideon Jacobs wat sommer sy koor saamgebring het om vir ons te sing. Die lofprysing met Louis Brittz is altyd ‘n high light en almal het hom en sy band baie geniet. Die kamp is bygewoon deur ± 120 ouens en was weereens baie inspirerend. Dit het meegewerk dat ons in diepte by die Here kon stilstaan en luister. Rustigheid, lekker kuier om boma vuur, saamsing en heerlike braaivleis-kos het die prentjie mooi afgerond. Mens word met elke kamp verstom as jy sien wat die Here met manne doen. Die gesprekke het regtig ‘n verandering in ons almal se lewens gebring en mens moet net eenvoudig nuut dink na so ‘n naweek. Ek glo dat ons as manne elke keer opnuut die Here in ons lewens ontdek en weereens die Geestelike batterye laai. Ek glo dis hoekom soveel ouens weer en weer terugkom en daarom glo ek die kampe moet net eenvoudig voortgaan. Moenie vergeet wat jy by die kamp geleer het nie: Vrydag aand: Wend jou testoroon vlakke op die regte plek aan Saterdag oggend: Gaan by die Kruis verby – moenie stadig loop en saggies praat christen wees nie Saterdag aand: Maak seker dat jy daai leemte gevul het in jou lewe sodat jou gesig anders lyk Sondag oggend: Pasop vir geld, mag en seks… Niemand sal weet wat gebeur ‘n huishoudings na so ‘n naweek nie, maar die getuienisse van die verlede bevestig dat baie vrouens nuwe mans terugkry, en dan manne se verhouding met die Here opnuut herstel en hervat word. Die volgende kamp word beplan vir April/ Mei 2016, hou vir ons ‘n spasie oop en dagboek dit solank, hoop om jou weer volgende jaar te sien. Bring gerus meer vriende en vertel jou mense en gaan like ons op facebook… vertel ons van jou ervaring oor die naweek en hoe die Here met jou gespreek het. Ons hoor graag van julle…

Mannekamp 2016

Ek sal beslis die HERE aanbid...

Johan Smith

Moreletta Gemeente


VRYDAGAAND 19:00

Oom Cobus Erasmus

Skrywer van: "S.T.U.K.K.E.N.D Lewe na 'n doodskoot."


SATERDAGOGGEND

“Ek en my vrou moes sowat 18-jaar gelede afskeid neem van my agt-jarige seun nadat een van my werkers by ons huis ingebreek het om geld te steel en beide my seuns geskiet het. Die ouer seun, wat toe 10-jaar oud was, het oorleef, maar die ander het ongelukkig aan sy beserings beswyk,” vertel Cobus. Volgens Cobus, het God hom twee jaar later geseën toe Hy hul lewe verreik met ses seuns wat hy en sy vrou aangeneem het. “Ek het net gevoel dat Jesus ‘n plan het met die kinders in ons lewe en ek en my vrou het besluit om hulle deel van ons gesin te maak. Al was ons gesin stukkend na ‘n doodskoot, het God gekom en stelselmatig weer al die stukkies van ons lewenslegkaart aan mekaar begin sit,” vertel Cobus. Regdeur Cobus en sy gesin se lewe moes hy vrede maak met die realiteit van onverstaanbaarheid – met die feit dat hy nooit kon verstaan hoekom dit alles met hom gebeur het nie. “Ek glo dat eendag sal ons alles sien en verstaan, maar terwyl ons nog leef en die lewe op aarde kan geniet, moet ons nie focus op die eindresultaat nie, maar eerder op die reis. Al gebeur daar soms onnodige dinge in jou lewe, moet jy as kind van God instaat wees om aan te beweeg,” vertel Cobus. Hy vertel dat dit die hoof rede was hoekom hy die boek geskryf het: Om vir ander te wys dat met God aan jou kant is daar beslis lewe na elke tragiese ongeluk – na elke doodskoot. Sy boek STUKKEND vertel die verhaal van beide die Erasmus en Fourie gesin, die skietvoorval en die hofsaak wat daarna begin het. Asook die aanneming van die Fourie broers en hoe hy en sy vrou hul nege kinders saam hul Skepper grootgemaak het. “Die boek vorder tot ‘n skokkende einde waar daar gebeur wat met my gebeur het. Dit is net ‘n jammer my vrou kon nie deel in die eindresultaat van die boek wat ons bladsy vir bladsy geleef het nie,” vertel Cobus. Met so ‘n groot getuienis tussen die omslag van Stukkend –lewe na ‘n doodskoot, kry Cobus baie terugvoer oor die verandering wat dié boek in verskeie mense se lewe gemaak het. “Dit is vir my werklik ‘n riem onder die hart om te sien hoe God my lewe gebruik het om ander se geestelike lewe te verreik. Daarom wil ek vir elkeen van my kinders dankie sê, bloot omdat hulle gehelp het om dié boek te leef,” vertel Cobus.Cobus lewer ook die getuienis van dié boek by verskeie geleenthede en doe nook motiverende toesprake aangaande dié boek. Vir meer inligting oor bestellings ensovoorts  079 524 9818 - Cobus ,

Pastor Dave Barber

Author of "Cracked and Restored"


SATERDAGAAND

PASTOR Dave BARBER'S story takes you to the dark underworld, prison and places you thought only existed in the movies RETURN. Cracked and Restored (boek) is a moving story of how Dave Barber, went from being a drug taking, merciless killer to a life saving ordained pastor and drug counselor.
“I am an ex-policeman, ex-criminal, former drug addict and now a drug counselor and pastor. My journey down a slippery slop began in 1986, when I joined the police. Surprisingly it was my career there that started my addiction to crack cocaine. As I wrote, it was difficult trying to remember everything - but with the aid of a number of stories, I hope to piece together the puzzle of my past life. I have written to the best of my memory, providing insight into my training to become a conscienceless killer, eventually leading to my drug addiction and criminal lifestyle. Also the battle with my demons and how I overcame them on the road to recovery.

Myan Subryan

Speaker, writer, and business advisor


SATERDAGAAND

Myan Subrayan is a speaker, writer, and business advisor, working with elite sportsmen and professional teams as a life coach. Myan is no stranger to the Rugby Unions.

Prof. Theo Burger

Professor


SONDAGOGGEND